Psalms 107:1-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Dank die Here, want Hy is goed!Sy trou ken geen einde nie.

2. Hulle wat deur die Here gered is,sal sê dat Hy hulle verlos het van die vyand,

3. en dat Hy hulle versamel het uit baie nasiesuit die ooste en die weste,uit die noorde en die suide.

4. Sommige mensehet in ’n dorre land rondgedwaal,in ’n woesteny;maar die pad na ’n bewoonde stadkon hulle nie kry nie.

5. Hulle was honger en dors,hulle was heeltemal uitgeput.

6. “Here, help ons!” het hulle geroep,en Hy het hulleuit hulle nood gered.

7. Hy het hulle op die regte pad gelei,na ’n stad waar hulle kon woon.

8. Laat hulle die Here loof vir sy liefde,en vir sy wonderdade aan mense.

9. Want Hy les die dorsvan hulle wat dors is,en versadig hulle wat honger is met goeie dinge.

10. Sommige mensewas in duisternis, in diep donkerte,ellendige gevangenesin ysterboeie.

11. Hulle het in opstand gekomteen die voorskrifte van God.Die leiding van die Allerhoogstehet hulle geminag.

12. Daarom het Hy hulle onderwerpdeur hulle harde arbeidte laat doen;hulle het gestruikel,en daar was niemandom te help nie.

13. “Here, help ons!” het hulle geroeptoe hulle in nood was,en Hy het hulle uit al hulle ellende bevry,

14. hulle uit duisternis en somberheid gered,en hulle boeie stukkend gebreek.

15. Laat hulle die Here loof vir sy liefdeen vir al sy wonderdadeaan mense.

16. Want Hy breek koperdeure af,en kap ystertralies stukkend.

17. Sommige mensewas dwaas in hulle opstanden het weens hulle eie sondes gely.

18. Al hulle eetlus was weg,en die dood was naby.

19. “Here, help ons!” het hulle geroep in hulle nood,en Hy het hulle uit al hulle ellende gered.

Psalms 107