Psalms 106:2-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Wie kan die magtige dadevan die Here beskryf,of sy lof ten volle bekendmaak?

3. Gelukkig is hy wat geregtigheid laat geskieden wat altyd doen wat reg is.

4. Dink aan my, Here,wanneer U aan u volk guns bewys;kom my met u redding tot hulp

5. sodat ek deel kan hê aan die voorspoedvan u uitverkorenes,my verheug in die vreugde van u nasie,en U loof saam met u eie volk.

6. Ons en ons voorouers het gesondig.Ons het oortree en is skuldig.

Psalms 106