27. Hulle het wondertekens tussen hulle verrig,en wonderwerke in die land Egipte.
28. Hy het duisternis gestuur,en dit het donker geword.Nogtans het die Egiptenaarshulle teen sy bevele verset.
29. Hy het hulle water in bloed verander,en so al die visse laat vrek.
30. Toe het paddas die land oordek,tot in die koning se slaapkamer.
31. Op sy bevelhet swerms insekte gekom,en muggies oor die hele land.
32. Hy het hael gestuur in plaas van reën,en weerlig oor hulle hele land.
33. Wingerde en vyebome het Hy getref,en al hulle bome stukkend geslaan.
34. Op sy bevel het sprinkane gekom,hordes sprinkane sonder tal.
35. Al die groen plante in die landhet hulle verorber,al die produkte van die landeryehet hulle vernietig.