Psalms 105:17-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Hy het iemand vooruitgestuur:Josef, wat verkoop is as slaaf.

18. Sy voete het hulle in boeie gedwing,en sy nek in ’n ysterhalsband gesit

19. tot sy woord waar geword het,en die Here se woord hom reg bewys het.

20. Toe het Farao hom vrygelaat;die heerser oor volke het hom bevry.

21. Hy het hom aangestel oor sy huis,met gesag oor al sy eiendomme.

22. Hy kon aan sy beamptes bevele gee,en sy hoofamptenare wysheid leer.

23. Toe het Israel na Egipte toe gekom.Jakob het as vreemdelingin die land Egiptegaan woon.

24. Die Here het sy volklaat vermeerderen hulle was magtiger as die vyande.

25. Hy het hulle gesindheid verandersodat hulle sy volk gehaat het,en listig saamgesweer hetteen die dienaars van die Here.

26. Hy het Moses, sy dienaar, gestuur,en vir Aäron, wat Hy verkies het.

27. Hulle het wondertekens tussen hulle verrig,en wonderwerke in die land Egipte.

Psalms 105