Psalms 103:10-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Hy straf ons nie soos ons sondes verdien nie,en vergeld ons nievolgens ons oortredings nie.

11. Want so ver soos die hemelevan die aarde af is,so groot is sy onfeilbare liefdeteenoor hulle wat Hom dien.

12. So ver as die ooste is van die weste,so ver verwyder Hy ons oortredings van ons.

13. Soos ’n vader hom ontfermoor sy kinders,so ontferm die Here Homoor hulle wat Hom dien.

14. Hy weet tog waarvan ons gemaak is;Hy weet dat ons net stof is.

15. Die mens se lewensduur is soos gras,soos veldblomme wat welig blom.

16. As die wind daaroor waai, is dit weg,’n mens sien die plek waar dit was nie meer nie.

Psalms 103