Psalms 102:26-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

26. In die begin het U die aarde gevestig;die hemele is die werk van u hande.

27. Hulle sal vergaan, maar U is vir altyd;soos klere sal hulle verslyt.U sal hulle uittreksoos kledingstukke,en hulle sal verdwyn.

28. Maar U is altyd dieselfde;u jare ken geen einde nie.

29. Die kinders van u dienaarssal in die land woon.Hulle nageslagsal voor U gevestig word.”

Psalms 102