Openbaring 19:12-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Sy oë was soos ’n vuurvlam, en op sy kop was daar baie heerserskrone. Op Hom was ’n Naam geskryf wat niemand anders as net Hyself geken het nie.

13. Hy het klere aangehad wat in bloed gedoop is, en sy Naam was: Die Woord van God.

14. Die leërs van die hemel het Hom op wit perde gevolg. Hulle het fyn, helder wit klere aangehad.

15. Uit sy mond het daar toe ’n skerp swaard gekom om die nasies mee te verslaan, en Hy sal hulle soos met ’n ysterstaf beheer. Hy sal self die parskuip vir die wyn trap, dit is die wyn van die toorn en woede van God, die Almagtige.

16. Op sy kleed, by die heup, was ’n Naam geskryf: “Koning van die konings en Here van die heersers.”

Openbaring 19