1. Dit is wat Obadja gesien het: Die oppermagtige Here sê die volgende oor die land Edom.Ons het ’n boodskap gehoor wat van die Here af kom. ’n Verteenwoordiger is na die nasies gestuur om te sê: “Maak julle almal slaggereed! Kry julle leërs bymekaar en laat ons Edom aanval!”
2. Die Here sê: “Edom, Ek maak jou’n klein volkie onder die nasies. Jy sal niksseggend en veragtelik wees.
3. Jy is hooghartig omdat jy in ’n klipvesting woon en jou blyplek hoog in die berge is. Vol hoogmoed vra jy: ‘Wie sal ons ooit hierbo kan bereik?’ Maar moenie jouself bedrieg nie!