Numeri 7:35-38 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

35. twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Elisur, die seun van Sedeür, gebring het.

36. Op die vyfde dag het Selumiël sy geskenke gebring. Hy was die seun van Suri-Saddai en die leier van Simeon.

37. Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee was vol meel met olie gemeng as graanoffer.

38. Hy het ook ’n goue houer gebring van 115 gram vol wierook.

Numeri 7