Numeri 7:11-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Die Here het toe vir Moses gesê: “Laat elke leier sy geskenke vir die altaar op ’n bepaalde dag bring.”

12. Op die eerste dag het Nagson sy geskenke gebring. Hy was die seun van Aminadab, die leier van die stam van Juda.

13. Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee houers was vol meel met olie gemeng as graanoffer.

14. Hy het ook ’n goue houer van 115 gram vol wierook gebring.

15. Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers,

16. ook ’n bokram as sonde-offer,

17. twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was wat Nagson, die seun van Aminadab, gebring het.

18. Op die tweede dag het Netanel, seun van Suar, leier van Issaskar, sy geskenke gebring.

19. Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee was vol meel met olie gemeng as graanoffer.

20. Hy het ook ’n goue houer gebring van 115 gram vol wierook.

21. Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers,

22. ook ’n bokram as sonde-offer,

Numeri 7