Numeri 6:20-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

20. Die priester moet dan alles opdra aan die Here. Alles wat die priester na die Here uitgehou het, kan hy dan vir homself vat, ook die borsstuk en die boud. Daarna kan die nasireër weer wyn drink.

21. “Dit is die voorskrifte vir iemand wat ’n nasireërgelofte aan die Here afgelê het. As die nasireër ook iets anders as die gewone gelofte vir die Here belowe het, moet hy dit ook nakom.”

22. Die Here sê toe vir Moses:

23. “Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle die Israeliete seën:

24. ‘Die Heresal vir jou goed weesen vir jou sorg.

25. Die Here sal jou raaksien en vir jou sy liefde gee.

26. Die Here sal jou goedgesind wees en vir jou voorspoed gee.’

27. So sal hulle My aan die Israeliete verbind en Ek sal hulle seën.”

Numeri 6