3. Bileam sê toe vir Balak: “Bly hier staan by die offers wat jy gebring het. Laat ek gaan kyk of die Here my nie miskien wil ontmoet nie. Ek sal vir jou kom sê wat Hy my laat sien het en aan my geopenbaar het.” Bileam het toe op ’n kaal koppie geklim.
4. God het Bileam daar ontmoet. Hy het vir God gesê: “Ek het sewe altare gebou en op elkeen ’n bul en ’n ram geoffer.”
5. Die Here het toe vir Bileam gesê wat hy vir Balak moet sê. Hy het gesê: “Gaan terug na Balak toe en gee vir hom hierdie boodskap.”
6. Toe hy by Balak terugkom, het die koning en al die amptenare van Moab by die brandoffers gestaan.