8. Wanneer jy ’n jong bul as ’n brandoffer bring of gewone offer om ’n belofte na te kom of as ’n vrede-offer vir die Here,
9. moet jy ook ’n graanoffer van vier en ’n half kilogram meel gemeng met twee liter olie daarmee saam bring.
10. Ook hier moet jy ’n drankoffer bysit van twee liter wyn. Dit sal ’n offer wees wat vir die Here vreugde verskaf.
11. So moet jy maak met elke bul, of ram, of lam, of bok wat jy offer.
12. Jy moet so maak met elke offer wat jy bring.
13. Elke permanente inwoner moet so maak wanneer hy ’n vuuroffer bring om vir die Here vreugde te bring.
14. Iemand wat tydelik by julle bly of ’n buitelander is wat permanent tussen julle woon, moet presies dieselfde doen wanneer hy ’n offer wil bring wat vir die Here aangenaam sal wees.
15. In die gemeenskap geld een en dieselfde reël vir jou en vir die vreemdeling. Dit is dieselfde reël vir alle geslagte. Voor die Here is jy en die vreemdeling dieselfde.
16. Dieselfde voorskrifte en dieselfde bepalings geld vir jou en die vreemdeling wat by jou oorbly.
17. Die Here het ook vir Moses gesê: