Numeri 12:9-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Die Here was kwaad vir hulle en Hy het weggegaan.

10. Toe die wolk weg van die tabernakel af beweeg het, was Mirjam skielik so wit soos sneeu oor haar hele lyf. Toe Aäron sien hoe wit Mirjam van die melaatsheid is,

11. het hy vir Moses gesê: “Meneer, moet ons asseblief nie straf vir die dom ding wat ons gedoen het nie.

12. Moenie toelaat dat sy soos een is wat doodgebore word en waarvan die liggaam alreeds ontbind is by geboorte nie.”

13. Moses het hardop na die Here geroep: “O God, laat sy asseblief tog gesond word!”

Numeri 12