Numeri 12:3-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Moses was buitengewoon nederig, meer as enige ander mens op aarde.

4. Die Here het dringend met Moses, Aäron en Mirjam gepraat: “Julle drie moet na die tabernakel toe gaan.” Die drie is toe soontoe.

5. Die Here het in ’n wolkmassa daarnatoe afgekom en by die ingang van die tabernakel gaan staan. Hy het Aäron en Mirjam nadergeroep. Die twee het nadergekom.

6. Die Here het gesê: “Luister wat Ek sê! As daar ’n profeet onder julle is, maak Ek, die Here, My aan hom bekend deur gesigte en praat Ek met hom deur drome.

7. Ek maak nie so met Moses my dienaar nie. Hy is die betroubaarste van al my mense.

8. Ek praat direk met hom, van aangesig tot aangesig. Ek praat nie met hom op ’n raaiselagtige manier nie. Hy weet hoe die Here lyk. Moet julle dan nie baie versigtig oor my dienaar Moses praat nie?”

Numeri 12