Numeri 12:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Mirjam en Aäron het begin om van Moses sleg te praat omdat hy met ’n Kussitiese vrou getrou het.

2. Hulle het gesê: “Die Here praat beslis nie net deur Moses nie. Hy praat ook deur ons.” Die Here het gehoor wat hulle sê.

3. Moses was buitengewoon nederig, meer as enige ander mens op aarde.

Numeri 12