Nehemia 8:9-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Die mense het begin huil toe hulle hoor wat in die boek staan. Toe het Nehemia vir die goewerneur, die priester en skrywer Esra en vir die Leviete wat die gebooie vir die mense verduidelik het, gesê: “Julle moenie treur of huil nie, vandag is ’n spesiale dag wat aan die Here, julle God, gewy is.”

10. Hy het ook vir hulle gesê: “Gaan eet ’n lekker maaltyd en drink soet drankies. Deel ook van die kos met mense wat niks voorberei het nie. Hierdie is ’n dag wat aan ons God toegewy is. Moenie terneergedruk wees nie, want die blydskap wat die Here gee, sal julle krag wees!”

11. Die Leviete het die volk ook ge-troos en vir hulle gesê: “Wees stil! Moenie huil nie! Hierdie dag is spesiaal, dit is aan die Here toegewy.”

12. Die mense het toe weggegaan om ’n feesmaal te eet en te drink en hulle kos met ander mense te deel. Hulle het goed verstaan wat voorgelees is. Dit het hulle baie bly gemaak.

13. Op 9 Oktober het die familieleiers, die priesters en die Leviete by Esra bymekaargekom om die wetboek verder te bespreek.

Nehemia 8