Nahum 2:6-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Te laat, die riviersluise is reeds oop!Die paleis stort weerloos inmekaar!

7. Nineve se ballingskap is seker, en die diensmeisies treur daaroor.Hulle kla soos duiwe wat koer,en gebroke slaan hulleop hulle bors.

8. Nineve is soos ’n lekkende opgaardam,die inwoners verdwyn daaruit!“Staan stil! Staan stil!” word hulle beveel,maar niemand draai om nie.

9. Steel die silwer, buit die goud!Daar is net nie ’n einde aan Nineve se skatte nie!Daar is oneindig baiekosbare voorwerpe!

10. Die stad is leeggedra, kaalgestroop en verwoes. Harte smelt en knieë knak,hulle bene bewe,en almal se gesigte is bleek.

Nahum 2