Miga 3:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Luister, leiers van Israel! Is julle nie veronderstelom te onderskei tussen reg en verkeerd nie?

2. Julle haat egter wat goed is en is lief vir wat sleg is.Julle slag mense lewendig afen skeur hulle vleis van hulle bene af.

3. Julle eet my volk se vleis, sny hulle velle af, breek hulle bene aan stukke.Julle kap hulle op soos vleis vir die kookpot.

Miga 3