Matteus 6:7-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. “Wanneer julle bid, moenie met woorde mors soos die ongelowiges nie. Hulle dink hulle stortvloed woorde sal maak dat hulle gebede beantwoord word.

8. Moenie soos hulle maak nie, want julle Vader weet presies wat julle behoeftes is, selfs nog voordat julle Hom vra!

9. Bid dan soos volg:Ons Vader in die hemel,laat u Naam geheilig word.

10. Laat u koninkryk kom.Laat u wil hier op aarde uitgevoer word soos in die hemel.

11. Gee ons die porsie brood wat ons vir vandag nodig het.

12. En vergeef ons ons sondeskuldsoos ons ook óns skuldenaars vergewe het.

13. Bewaar ons sodat ons nie aan verleiding sal toegee nie;maar bevry ons van die greep van die Bose.

14. “As julle die mense vergewe wat teen julle oortree, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.

15. Maar as julle weier om die mense te vergewe, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.

16. “Wanneer julle vas, moenie soos die skynheiliges ’n martelaarshouding aanneem nie. Hulle loop met lang gesigte rond sodat die mense duidelik kan sien dat hulle vas. Ek verseker julle, dit is al beloning wat hulle ooit sal kry.

17. Maar wanneer jy vas, versorg jou hare, was jou gesig.

18. Dan sal niemand agterkom dat jy vas nie, behalwe jou Vader wat alle geheime ken. En jou Vader wat alle geheime ken, sal jou beloon.”

19. “Moenie vir julle hier op aarde skatte bymekaarmaak waar mot en roes dit wegvreet en diewe inbreek en roof nie.

20. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar waar geen mot en roes dit sal kan bykom nie, en waar diewe nooit sal kan inbreek en roof nie.

Matteus 6