Matteus 24:45-47 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

45. “Wie van julle sal dan soos die betroubare en verstandige slaaf wees aan wie die huisheer die verantwoordelikheid toevertrou om sy huishouding te bestuur en aan sy mense hulle kos op die regte tyd te gee?

46. As die huisheer terugkom en vind dat daardie slaaf sy plig goed uitgevoer het, sal hy hom goed beloon.

47. Ek verseker julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.

Matteus 24