Matteus 15:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Daar kom toe Fariseërs en skrifkenners van Jerusalem af na Jesus toe en sê:

2. “Waarom verbreek jou dissipels ons voorouers se tradisies deur nie hulle hande voor ete te was nie?”

3. Jesus se reaksie was: “En waarom verbreek julle, deur julle tradisie, die direkte opdrag van God?

4. God sê byvoorbeeld: ‘Jy moet jou pa en ma eer,’ en: ‘Elkeen wat sy pa of ma slegmaak, moet definitief sterf.’

5-6. Julle sê egter: ‘As jy jou bates as ’n offer aan die Here toewy, hoef jy nie meer jou ouers te eer deur hulle te ondersteun nie.’ So trek julle met julle tradisie ’n streep deur die woord van God.

7. Julle skynheiliges! Die profeet Jesaja het julle raak beskryf:

8. ‘Hierdie volk eer My met hulle mond,maar hulle hartis ver van My af.

Matteus 15