Matteus 12:13-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Daarna sê Hy vir die man: “Steek uit jou hand.” Hy het dit uitgesteek, en dit het gesond geword. Dit was normaal net soos die ander een.

14. Daarop het die Fariseërs uitgegaan en gaan beplan hoe hulle Jesus uit die weg sou ruim.

15. Toe Jesus dit hoor, het Hy daarvandaan weggegaan. ’n Groot skare het agter Hom aan gekom. Hy het al die siekes onder hulle gesond gemaak.

16. Hy het hulle ernstig verbied om oral uit te basuin wie Hy is.

17. So het die uitspraak van die profeet in vervulling gegaan:

18. “Hier is my Dienskneg wat Ek uitgekies het.Hom het Ek lief. Hy maak my hart baie bly.Ek sal my Gees op Hom laat rusen Hy sal my besluit aan die nasies bekendmaak.

19. Hy sal nie met mense stry of ’n groot lawaai maak nie.Hy sal nie sy stem in die openbaar verhef nie.

Matteus 12