Matteus 11:14-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. As julle bereid is om te aanvaar wat Ek vir julle sê – hý is die Elia wat sou kom.

15. Elkeen wat kan hoor, moet goed luister na wat Ek sê!

16. “Waarmee sal Ek vandag se mense vergelyk? Hulle is soos kinders wat op die dorpsplein speel en mekaar verwyt

17. deur te sê:‘Ons het vir julle ’n bruilofsliedgespeel,maar julle wou nie dans nie. Ons het vir julle ’n begrafnislied gesing,maar julle het geweier om te huil.’

18. “Want Johannes het soos ’n askeet gelewe – hy het dikwels gevas en nie wyn gedrink nie. Toe het julle gesê: ‘Hy is van die duiwel besete.’

19. Ek, die Seun van die Mens, hou van gesellige maaltye – Ek eet en drink wyn – en julle sê: ‘Hy’s ’n vraat en ’n dronklap, ’n vriend van die slegste soort sondaars.’ Ja, die toets vir die wysheid is die resultate wat dit voortbring.”

20. Jesus het die dorpe waar die meeste van sy wonderdade plaasgevind het, ernstig aangespreek omdat hulle hulle nie bekeer het nie:

21. “Ellende wag vir jou, Gorasin! Ellende wag vir jou, Betsaida! Want as in die nie-Joodse stede Tirus en Sidon die wonderdade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal sakke aangetrek en as op hulle koppe uitgegooi het om te wys dat hulle tot inkeer gekom het.

Matteus 11