Maleagi 3:11-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Die Here, die Almagtige, sê: “Ek sal sorg dat insekte julle oes nie verwoes nie en julle wingerde op die landerye nie misluk nie.

12. Dan sal al die nasies julle as geseënd beskouomdat julle land begeerlik is.” Dit is wat die Here, die Almagtige, sê.

13. Die Here sê: “Julle sê verskriklike dinge van My.Maar julle sê: ‘Wat het ons van U gesê?’

Maleagi 3