11. Johannes het geantwoord: “As jy twee kledingstukke het, gee een vir die armes. As jy kos het, deel dit met hulle wat honger is.”
12. Selfs tollenaars het gekom om gedoop te word en gevra: “Leermeester, wat moet ons doen?”
13. “Wys julle eerlikheid,” het hy geantwoord. “Maak seker dat julle nie méér belasting invorder as wat vereis word nie.”
14. “Wat moet óns doen?” het die soldate gevra.Johannes het geantwoord: “Moenie geld afpers nie, en moet niemand afdreig of vals beskuldig nie. En wees tevrede met julle salaris.”
15. Almal het verwag dat die Messias gou sou kom en hulle was gretig om te weet of dit dalk Johannes is.