Lukas 22:56-58 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

56. ’n Diensmeisie het hom raakgesien waar hy sigbaar in die vlammegloed gesit het. Nadat sy hom goed bekyk het, sê sy: “Hý was ook saam met daardie man.”

57. Petrus het dit egter heftig ontken: “Vrou, ek ken Hom glad nie!”

58. ’n Rukkie later merk iemand anders hom op en sê: “Hy is mos ook uit hulle geledere.”Petrus se reaksie was: “Man, ek is beslis nie!”

Lukas 22