38. Die blinde het hard uitgeroep: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U asseblief oor my!”
39. Die mense wat vooruit geloop het, het hom bestraf om hom stil te kry, maar hy het eerder nog harder uitgeroep: “Seun van Dawid, ontferm U asseblief oor my!”
40. Jesus het gaan staan en opdrag gegee dat die man na Hom toe gebring moes word. Soos hy naderbeweeg, vra Jesus vir hom:
41. “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?”Sy antwoord was: “Here, dat ek net weer kan sien!”
42. Jesus het hom geantwoord: “Sien weer! Jou geloof het jou gered.”