Lukas 18:36-41 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

36. Toe hy die skare hoor wat verbyloop, het hy probeer uitvind wat aan die gang is.

37. Hulle het hom toe vertel dat Jesus van Nasaret besig is om verby te loop.

38. Die blinde het hard uitgeroep: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U asseblief oor my!”

39. Die mense wat vooruit geloop het, het hom bestraf om hom stil te kry, maar hy het eerder nog harder uitgeroep: “Seun van Dawid, ontferm U asseblief oor my!”

40. Jesus het gaan staan en opdrag gegee dat die man na Hom toe gebring moes word. Soos hy naderbeweeg, vra Jesus vir hom:

41. “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?”Sy antwoord was: “Here, dat ek net weer kan sien!”

Lukas 18