Lukas 1:60-65 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

60. Maar Elisabet het gesê: “Nee! Sy naam is Johannes!”

61. “Maar daar is dan niemand in jou familie met die naam nie,” het hulle gesê.

62. Met gebare vra hulle toe die kindjie se pa.

63. Daarop beduie hy dat ’n skryfbordjie gebring moet word, en tot almal se verbasing skryf hy: “Sy naam is Johannes!”

64. Hy kon dadelik weer praat, en hy het God onmiddellik begin prys.

65. Die hele buurt is met ontsag vervul en die nuus oor wat gebeur het, het oral deur die Judese heuwelland versprei.

Lukas 1