Levitikus 23:40-44 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

40. Op die eerste dag moet julle sitrusvrugte neem en ook palmblare en ander takke waaraan daar blare is en ook wilgers wat by riviere groei, bymekaarmaak. Vier dan sewe dae lank met blydskap fees in die teenwoordigheid van die Here.

41. Julle moet hierdie fees van sewe dae vir die Here elke jaar vier. Dit is ’n permanente reëling vir julle en moet ook deur toekomstige geslagte nagekom word.

42. Vir sewe dae lank moet alle gebore Israeliete in hutte woon wat van hierdie takke gemaak is.

43. Dit sal elke nuwe geslag Israeliete herinner aan hulle voorouers wat so in hutte moes leef toe Ek hulle uit Egipte gered het. Ek, die Here, is julle God.”

44. So het Moses dan hierdie instruksies oor die jaarlikse feeste van die Here vir die Israeliete gegee.

Levitikus 23