22. ’n Blinde, beseerde, verminkte dier of een met ’n vergroeisel, ’n oop seer of ’n velkwaal mag nooit ’n vuuroffer op die altaar vir die Here wees nie.
23. As ’n bul of ’n lam misvormd of klein is, mag dit as ’n vrywillige offer dien, maar dit mag nie geoffer word om ’n gelofte na te kom nie.
24. ’n Dier met beseerde testikels of wat gekastreer is, mag nooit vir die Here geoffer word nie.
25. Verminkte of gebreklike diere van vreemdelinge mag ook nie as ’n offer aan julle God geoffer word nie. Sulke diere is onaanvaarbaar omdat hulle gebreklik is.”
26. Die Here het ook vir Moses gesê:
27. “Wanneer ’n bul of ’n skaapram of bokram gebore word, moet dit sewe dae lank by sy ma bly. Vanaf die agtste dag is dit aanvaarbaar as ’n vuuroffer vir die Here.