Levitikus 22:11-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. As die priester egter self die slaaf gekoop het, mag hy van die offers eet. As die slaaf kinders het, mag hulle ook deel in die kos.

12. As die dogter van ’n priester sou trou met iemand buite die priesterlike familie, mag sy nie langer van die heilige offers eet nie.

13. As sy egter ’n weduwee word of geskei en nie enige kinders het nie, en sy kom bly weer in haar pa se huis, mag sy weer van haar pa se kos eet. Behalwe vir hierdie uitsonderings, word net die priesters se families toegelaat om van die heilige offers te eet.

14. “Iemand wat van die heilige offers eet sonder om dit te besef, moet die priester daarvoor betaal plus ’n addisionele heffing van twintig persent.

15. Niemand mag die heilige offers wat deur die Israeliete vir die Here gebring word, onrein maak

16. deur toe te laat dat onbevoegde persone daarvan eet nie. So ’n nalatige priester bring skuld op die volk wat weer betaal moet word. Ek is die Here wat hulle heilig maak.”

17. Die Here het vir Moses gesê:

Levitikus 22