Levitikus 21:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir die priesters om hulleself nie onrein te maak deur aan die lyk van ’n familielid te raak nie,

2. behalwe in die geval van ’n naby familielid – ma of pa, seun of dogter, broer

3. of ongetroude suster wat afhanklik was omdat hy of sy geen man gehad het nie.

4. Hy mag hom nie ongeskik maak vir sy werk deur naby die lyk van ’n skoonfamilielid te kom nie.

5. “Die priesters mag nooit hulle hare of die baard aan die kant van hulle gesig afskeer nie. Hulle mag ook nie snye op hulle liggame maak nie.

Levitikus 21