Levitikus 12:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het vir Moses gesê: “Gee hierdie instruksies aan die Israeliete:

2. Wanneer ’n vrou swanger word en geboorte skenk aan ’n seun, sal sy vir sewe dae onrein wees, net soos gedurende haar menstruasie.

3. Op die agtste dag moet die seuntjie besny word.

4. Daarna moet die vrou vir nog 33 dae wag totdat sy ophou bloei ná die geboorte. Gedurende die tyd van suiwering mag sy aan niks raak wat heilig is nie. Sy mag ook nie na die heiligdom toe gaan totdat die tyd van suiwering verby is nie.

5. As ’n vrou geboorte skenk aan ’n dogter sal sy vir twee weke lank onrein wees, net soos gedurende haar menstruasie. Daarna moet die vrou vir nog 66 dae wag totdat sy na die geboorte opgehou het om te bloei.

Levitikus 12