1. Eienaars, behandel julle slawe reg en billik. Onthou dat julle ook ’n Eienaar het – in die hemel!
2. Volhard in die gebed. Bid terwyl julle geestelik waaksaam en dankbaar is.
3. Bid terselfdertyd ook vir ons, dat God ons geleentheid sal gee om oor die geheim van Christus te praat. Dis hoekom ek in die gevangenis is!
4. Bid dat wanneer ek daaroor praat, ek dit so duidelik sal uitlê soos ek dit moet doen.
5. In julle verhouding met buitestanders moet julle slim optree deur elke kans te benut.