Kolossense 3:12-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Julle is die mense wat God uitge­kies het wat Hy geheilig het en wat Hy lief­het. Daarom moet julle die volgende soos kle­re aantrek: liefdevolle deernis, vriendelikheid, nederigheid, sagmoe­dig­heid, geduld.

13. Verdra mekaar en as enigeen ’n klag­te teen iemand anders het, vergewe me­kaar. Vergewe me­kaar soos die Here julle ver­gewe het.

14. Die heel belangrikste wat jul­le moet aan­trek, is die liefde. Die liefde bind alles volmaak saam.

15. Verder, laat die vre­­de wat Christus bewerk het, in jul­le le­wens die deurslag gee; want as le­de van een lig­gaam is julle tot vrede ge­roep. En wees dank­baar.

16. Laat die rykdom van alles wat Chris­tus ons leer, julle leefstyl bepaal. Met alle wys­heid moet julle mekaar on­derrig en me­kaar die regte pad wys. Sing met dank­ba­re harte psalms, lofgesange en geesteli­ke liedere tot eer van God.

17. Verder, doen al­les – of dit nou met woorde of dade is – in die Naam van die Here Jesus. Só is julle heeltyd besig om deur Hom dank aan God die Vader te bring.

18. Vroue, wees aan julle mans onderda­nig soos dit pas by mense wat met Chris­tus één is.

Kolossense 3