6. Hy het sy tempel afgebreek asof dit ’n afdak in ’n tuin was. Die Here het ’n einde gemaak aan feeste en Sabbatte in Sion. In sy verontwaardiging het Hy koning en priester uit die weg geruim.
7. Die Here het sy eie altaar verwerp.Hy het sy tempel verag. Hy het die vyand toegelaat om Jerusalem se vestingmure af te breek. Hulle het in die Here se huis lawaai gemaak asof hulle daar feesvier.
8. Die Here het besluit: Sion se mure moet afgebreek word. Hy het finaal besluit om dit te verwoes. Die versterkings en die mure het saam ineengestort.
9. Jerusalem se hekke lê op die grond. Die Here het hulle uit hulle skarniere geruk. Haar koning en haar leiers het by vreemde volke beland. Die wet het verdwyn. Profete kry nie meer visioenevan die Here af nie.
10. Die leiers van Jerusalemsit stomgeslaan op die grond. Hulle het begrafnisklere aan en gooi grond op hulle koppesoos hulle treur. Die jongmeisies van Jerusalem laat uit skaamte hulle koppe hang.
11. My oë is leeg gehuil. Ek is bitter ontsteld as ek sien hoe my volk in duie stort. Kinders en babatjies val flou en sterf in die stad se strate.
12. “Ons is honger,” sê die kinders vir hulle ma’s. In die strate sak hulle inmekaar soos iemand wat gewond is. Hulle sterf in die arms van hulle ma’s.
13. Met wie kan ek jou vergelyk,Jerusalem? Waarmee kan ek jou smarte vergelyk,Jerusalem? Hoe kan ek jou troos?Jou hartseeris dieper as die see. Wie sal jou ooit weer heel kan maak?
14. Jou profete het vir jou drogbeelde opgetower. Hulle het nie jou oortredingssigbaar gemaak nie.Dit sou verhoed het dat jy weggevat word uit jou land. Hulle het nuttelose dinge gesê wat jou eerder op ’n verkeerde spoor gelei het.