13. Omtrent 40 000 mans gewapen vir oorlog het deur die rivier gegaan voor die ark van die Here uit na die vlakte van Jerigo.
14. Op daardie dag het die Here Josua groot aansien in die oë van al die Israeliete gegee. Hy was sy hele lewe lank net so belangrik vir hulle soos Moses.
15. Die Here het vir Josua gesê:
16. “Sê vir die priesters wat die ark dra dat hulle uit die Jordaanrivier moet uitkom.”
17. Josua het hulle so beveel.
18. Die priesters wat die ark van die verbond van die Here dra, het uit die Jordaan uitgekom. Toe hulle voete die droë grond van die wal raak, het die rivier se waters weer na sy ou plek begin terugvloei. Dit het weer sy walle begin oorstroom.
19. Op die tiende dag van die eerste maand het die volk deur die Jordaan getrek. Hulle het gaan kamp opslaan by Gilgal, oos van Jerigo.
20. Hier by Gilgal het Josua die twaalf klippe wat hulle uit die Jordaan uit saamgebring het, opmekaargestapel.
21. Hy het vir die Israeliete gesê: “Wanneer julle kinders in die toekoms vir hulle pa’s vra: ‘Watse klippe is dit hierdie?’
22. moet julle hulle vertel: ‘Israel het hier op droë grond deur die Jordaanrivier getrek.