Josua 24:21-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Die volk het egter vir Josua verseker: “Nee, ons sal beslis die Here aanbid!”

22. “Julle staan self daarvoor in dat julle besluit het om die Here te aanbid,” het Josua vir die volk gesê. Hulle het geantwoord: “Ons staan daarvoor in.”

23. “Goed,” sê Josua, “vernietig dan al die vreemde gode wat daar tussen julle is en verbind julle aan die Here die God van Israel alleen.”

Josua 24