Josua 19:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die tweede loting was vir die grond van die families van die stam Simeon. Hulle deel het binne die grond van Juda gelê.

2. Hulle gebied het ingesluit Berseba, Seba, Molada,

3. Gasar-Sual, Baäla, Esem,

4. Eltolad, Betul, Gorma,

5. Siklag, Bet-Markabot, Gasar-Susim,

6. Bet-Lebaot en Sarugen. Dit was altesaam dertien dorpe met hulle gehuggies rondom.

7. Ajin, Rimmon, Eter en Asan was ook hulle s’n. Dit was vier dorpe met hulle omringende blyplekke.

8. Hulle het ook die klein dorpies rondom hierdie dorpe gekry, tot so ver suid as Baälat-Beër (Rama in die Negevwoestyn). Dit is die grond van die families van die stam Simeon.

9. Hulle het ’n deel van Juda se gebied gekry. Juda se grond was te groot vir hulle. So het die stam Simeon grond binne-in Juda se gebied ontvang.

Josua 19