Josua 18:17-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Van daar draai dit noordoos en loop na Semesfontein, en deur na Gelilot teenoor die skuinste van Adummim en af tot by die Klip van Bohan (hy was die seun van Ruben).

18. Dit loop dan noord van die skuinste bo die Jordaanvallei af na die Jordaanvallei,

19. noord van die skuinste van Bet-Gogla verby en tot by die noordelike punt van die Dooie See waar die Jordaan inloop. Dit is die suidelike grens van hulle gebied.

20. Die oewer van die Jordaan vorm die oostelike grens. Dit is dan die grense rondom die grond van die families van die stam Benjamin.

21. Die dorpe wat die families van die stam Benjamin gekry het, is Jerigo, Bet-Gogla, Kesisdal,

22. Bet-Araba, Semarajim, Bet-El,

23. Awwim, Para, Ofra,

24. Kefar-Ammoni, Ofni en Geba. Dit is twaalf dorpe met hulle dorpies rondom.

25. Hulle het ook nog gekry: Gibeon, Rama, Beërot,

26. Mispa, Kefira, Mosa,

27. Rekem, Jirpeël, Tarala,

28. Sela, Elef, Jebus (dit is Jerusalem), Gibea en Kirjat. Dit is veertien dorpe met hulle dorpies. Dit is die grond wat die families van die stam Benjamin gekry het.

Josua 18