Josua 14:3-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Moses het reeds vir die ander twee en ’n half stamme gebied oorkant die Jordaan gegee. Hy het nie vir die Leviete grond saam met die ander gegee nie.

4. Josef se nageslag het uit die twee stamme Manasse en Efraim bestaan. Die Leviete het nie ’n deel gekry nie, maar wel dorpe om in te woon met weidingsgebied vir hulle vee.

5. Die Israeliete het gemaak soos die Here vir Moses beveel het. Hulle het die land onder mekaar verdeel.

6. Mense uit die stam van Juda het onder leiding van Kaleb, die seun van Jefunne, ’n Kenassiet, na Josua gekom by Gilgal. Kaleb het vir Josua gesê: “Jy onthou wat die Here vir Moses, die man van God, in Kades-Barnea oor my en jou gesê het.

Josua 14