Johannes 8:15-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. Julle oordeel volgens die uiterlike; Ek oordeel oor niemand nie.

16. As Ek egter oordeel, is my oordeel geldig omdat dit nie Ek alleen is nie, maar Ek en die Vader wat My gestuur het.

17. In julle wet is dit opgeskryf dat die getuienis van twee persone geldig is.

18. Dit is Ek wat oor Myself getuig, asook die Vader wat My gestuur het, wat oor My getuig.”

19. Hulle het toe vir Hom gesê: “Waar is jou Vader?”Jesus het geantwoord: “Julle ken My nie en ook nie my Vader nie. As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het.”

20. Jesus het hierdie stellings gemaak in die skatkamer van die tempel terwyl Hy besig was om in die tempel te onderrig. Niemand het Hom egter gearresteer nie omdat sy tyd nog nie aangebreek het nie.

21. Verder het Jesus vir hulle gesê: “Ek gaan weg en julle sal My soek, maar julle sal in julle sonde doodgaan. Waarheen Ek gaan, kan julle nie nou kom nie.”

Johannes 8