14. Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hierdie man is regtig die profeet, die Een wat na die wêreld toe sou kom.”
15. Jesus het egter agtergekom dat hulle op die punt staan om Hom te gryp om Hom koning te maak. Hy het toe weer die berg uitgeklim, net Hy alleen.
16. Toe dit skemeraand geword het, het Jesus se dissipels na die meer toe gegaan,
17. in ’n boot geklim en na die oorkant van die meer, na Kapernaum toe begin vaar. Dit was al goed donker, maar Jesus het nog nie by hulle aangesluit nie.
18. En die meer self het onstuimig gedein as gevolg van ’n sterk wind wat gewaai het.