Johannes 11:52-57 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

52. En nie net ter wille van die nasie alleen nie, maar ook om die kinders van God wat oor die wêreld verspreid is, tot ’n eenheid bymekaar te bring.

53. Van daardie dag af het hulle planne gesmee om Hom dood te maak.

54. Gevolglik het Jesus nie meer openlik tussen die Jode rondbeweeg nie, maar van daar af vertrek na die gebied wat na aan die woestyn geleë was en Efraim genoem is. Daar het Hy saam met sy dissipels oorgebly.

55. Die Paasfees van die Jode was naby. Baie mense het van die platteland af na Jerusalem toe gegaan met die doel om hulleself voor die begin van die fees ritueel te gaan was.

56. Hulle het toe vir Jesus daar rond gesoek en waar hulle in die tempel gestaan het, vir mekaar gesê: “Wat dink julle, Hy sal tog sekerlik nie Fees toe kom nie?”

57. Die priesterhoofde en die Fariseërs het intussen reeds opdragte uitgevaardig dat as iemand weet waar Jesus Hom bevind, hy die inligting moes deurgee sodat hulle Hom kon arresteer.

Johannes 11