Johannes 11:18-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Betanië was naby Jerusalem, ongeveer drie kilometer daarvandaan.

19. Baie van die Jode het by Marta en Maria opgedaag om hulle meegevoel oor hulle broer te betuig.

20. Toe Marta hoor dat Jesus op pad is, het sy Hom gaan ontmoet. Maria het egter in die huis bly sit.

21. Marta het vir Jesus gesê: “Here, as U maar net hier was, sou my broer nie gesterf het nie.

Johannes 11