Johannes 1:34-37 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

34. Ek het dit self sien afspeel voor my oë, en daarom getuig ek dat Hy werklik die Seun van God is.”

35. Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan, saam met twee van sy dissipels.

36. Toe Jesus by hulle verbyloop, het Johannes betekenisvol na Hom gekyk en gesê: “Kyk, dáár is die Lam van God!”

37. Sy twee dissipels het Johannes dit hoor sê en Jesus dadelik begin volg.

Johannes 1