Job 5:6-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Ellende spruit nie uit die grond,en swaarkry groei nieuit die aarde nie.

7. ’n Mens word gebore vir moeite, soos vonke boontoe skiet uit ’nvuur.

8. “My raad aan jou is: Gaan na God toeen stel jou saak aan Hom.

9. Wat God doen, is te groot om ooit te verstaan.Hy doen wonder op wonder.

10. Hy gee reën op die aarde.Hy maak die veld nat.

11. Hy gee voorspoed aan die nederiges, en beskerm mense wat ly.

Job 5