Job 4:7-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. “Dink daaraan: Het onskuldige mense ooit vergaan?Wanneer is die mens wat God getrou dien, al ooit vernietig?

8. My ondervinding is dat mense wat moeilikheid planten die bose saai,dit ook sal oes.

9. Deur die asem van God het Hy hulle vernietig.Deur sy woede vergaan hulle.

10. Die gebrul van die leeu,die gegrom van die roofdier,het stilgeraak.Die tande van die jong leeu is uitgeslaan.

11. Sonder prooi gaan die leeu dood,en die welpies loop verlore rond.

Job 4